Local newsNews

Mosbolletjies brei vir liefdadigheid

Danksy die Mosbolletjie-groep van die Witfield Hervormende Kerk, met behulp van die gemeenskap se skenkings, is daar kinders wat hierdie winter snoesig-warm sal verkeer met ’n gebreide item.

Vanjaar is 210 truie, 74 mussies, 62 pare slaapkouse en 62 serpe vir behoeftige kinders gebrei.

Die breiwerk is op 1 Junie aan die Boksburg Laerskole Voedingskema en aan Salf (Sisters Assisting those Less Fortunate) oorhandig, wat dit dan aan die kinders sal uitdeel.

Volgens die Mosbolletjies se koördineerder, Alida Bekker, is alles wat gebrei is moontlik gemaak deur skenkings vanuit die gemeenskap.

“’n Spesiale dank aan Daleen en Jan Muller van Van Dyk Park vir hul groot donasie. As dit nie vir hulle was nie het ons nie hierdie breiwerk getalle vermag nie,” het Bekker gesê.

“Al dié breiwerk gaan na arm kinders en dit maak my hart warm.”

Bekker bedank ook almal vir hul belangstelling.

Diegene wat ’n bydra wil lewer tot die Mosbolletjie-groep kan vir Alida by 011 826 3378 of by 083 542 7272 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button