Wat die eerste rugbyspan se 83-14 wen nog meer spesiaal vir Jansen maak, is die feit dat die wedstryd op Kempies se tuisveld plaasgevind het.
Vanaf die staanspoor was dit duidelik dat Jansen se tempo te vining vir die Kempies gaan wees.
Dertien minute in die wedstryd in was Jansen reeds 24-0 voor.
Om sterre in die wedstryd uit te sonder is baie moeilik, alhoewel die name van Jansen se skakelpaar, Ginter Smuts en Ruben Beytell, agterlangs genoem kan word, terwyl die kaptein en haker Werner Fourie van voor gelei het met goeie ondersteuning van die res van die voorspeler pak.
Sedert 2008 het die twee skole se eerstespanne al 18 keer kragte gemeet met Jansen, wat 16 keer aan die wenkant was, en Kempies slegs twee keer.
Kempies se eerstespan kon laas in 2012 teen Dr EG Jansen wen.
Dr EG Jansen se 13 drieë is deur Dwayne Fourie (4), Francois du Preez (1), Franco van Eeden (2), Ruben Beytell (3), Ruben Roodt (1), Rehann Baumann (1) en Lee-Irvin Andries (1) gedruk, terwyl Ginter Smuts met nege doelskoppe geslaag het.
Die ander rugby uitslae was as volg (EG Jansen tellings eerste): o-14A wen 8–0, o-14B wen 31–10, o-15A wen 21–3, o-15B verloor 7–15, o-16A speel gelykop 17 elk, o-16B verloor 5– 24, tweedespan wen 63– 0, derdespan verloor 7– 20 en vierdespan verloor 8- 13.



