NewsSchools

Oosies sluit atletiekseisoen op hoë noot af

Die Hoërskool Oosterlig het aan vier atletiekbyeenkomste in die kort seisoen van 2016 deelgeneem.

Die eerste byeenkoms was op 29 Januarie te Hoërskool Brandwag, die tweede byeenkoms op 5 Februarie te Dr Malan in Meyerton, en dan die twee interhoërs, op 9 Februarie te Germiston Stadion en 12 Februarie te Boksburg Stadion.

Hoërskool Oosterlig het die geesbeker op 12 Februarie gewen en tweede geëindig met die atletiek. Dertig atlete het na die D6-atletiekbyeenkoms deurgedring en nege atlete het aan die Gauteng-kampioenskappe gaan deelneem.

Tydens die SA-skole atletiekkampioenskappe het Rijnhardt Groenewald ‘n derde plek in die seuns o-19 diskusgooi behaal, en vierde plek in gewigstoot. Hy het dus SA-kleure verwerf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button