NewsSchool sportSchoolsSport
Suksesvolle rugbytoer vir Jansen-spanne
Hoërskool Dr EG Jansen se rugbyspanne het vanjaar nie op hul louere gerus gedurende die Maart skoolvakansie nie.

Die spanne was produktief en het die skool se naam hoog gehou tydens verskeie sport-toere.
Die o-16 rugbyspan het met een wen weggestap tydens hul toer. Die span het 19-17 teen Outeniqua gewen. Hulle het egter met 46-10 teen Oakdale en 16-15 teen Boland Landbou vasgeval.
Die o-15 rugbyspan het twee wenne ingepalm. Hulle het 38-28 teen Jeppe gewen, en 26-5 teen Zwartkop. Die span het 26-12 teen Helpmekaar verloor.
Die o-14 rugbyspan het al hul wedstryde op toer gewen. Dié span het Helpmekaar 19-7 geklop, 27-0 teen KES geseëvier, en met 31-6 teen Kearsney gewen.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



