Editor's choiceLocal newsNews

Neem deel aan die Hardloop vir Bybels-projek

Trek jou tekkies aan en stel jou stophorlosie om vanjaar deel te word van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika se Hardloop vir Bybels-projek.

Belangstellendes kan vanjaar deel raak van dié projek deur deel te neem aan die Comrades Marathon wat op 29 Mei tussen Pietermaritzburg en Durban plaasvind.

Ander wedlope waaraan atlete kan deelneem om by te dra tot die werk van die Bybelgenootskap sluit die Two Oceans-, Loskopdam-, Suikerbosrand- en Nedbank City-marathon in.

Vriende, familie, gemeentelede of kollegas kan atlete borg vir elke kilometer wat hulle aflê en só word geld vir die Bybelgenootskap dan ingesamel.

Borgvorms word slegs aan atlete beskikbaar gestel ná registrasievorms vir die wedloop deur die Bybelgenootskap ontvang is.

Die geld wat tydens dié wedlope ingesamel word sal gebruik word vir ’n verskeidenheid van die Bybelgenootskap se projekte,wat onder meer daarop gerig is om Bybels aan arm mense beskikbaar te stel, asook Bybelvertaling.

Die geld sal onder meer gebruik word vir die vertaling van die Engelse Bybel vir Dowes, die verspreiding van Bybels onder gevangenes, graad sewe leerlinge in agtergeblewe gebiede, en aan mense in Suid-Afrika se buurlande.

Vir meer inligting, kontak vir Marina Stebbing by 011 970 4010, of per e-pos by stebbing@biblesociety.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button