Local newsNews

JJ Stephens se liefdesliedjies streel die harte van Sarie-vriende

JJ Stephens het die Sarie-dames op 16 Februarie vermaak, met ’n opvoering van liefdesliedjies.

Dié geleentheid het by Summerplace plaasgevind.

Stephens is ’n Afrikaanse country-sanger, liedjieskrywer en ’n vryskut Oos-Rand Stereo radio-omroeper.

Hy beskou dit as sy roeping om oor die liefde te sing.

“Die liefde is iets mooi,” het die sanger, afkomstig van Benoni, gesê.

Sommige Saries het van die geleentheid gebruik gemaak om daardie spesiale liefde – vriendin en vriende – saam te bring en die maand van liefde te vier.

Soos altyd is daar lekker geëet en kuier, terwyl Stephens treffersnitte van onder andere Neil Diamond, Johnny Cash en sy eie musiek gesing het.

KYK VIDEO:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button