NewsSchools

Jansen personeel vereer vir uitmuntige prestasies

’n Groot eer het vyf van die Hoërskool Dr EG Jansen se personeel te beurt geval, toe hul deur die Departement van Onderwys vereer is vir hul prestasies in die volgende vakgebiede:

Beste matriek vakgemiddeld in Afrikaans Huistaal in Ekurhuleni-Suid (D16-distrik): Marlene Flemming, Lynette Nel en Magda Scholtz.

Dit is die agste jaar agtereenvolgens dat Jansen se Afrikaanse departement hierdie besonderse prestasie behaal.

Beste matriek vakgemiddeld in Dramatiese Kunste in Ekurhuleni-Suid (D16-distrik): Jean-Marie Booysen

Beste matriek vakgemiddeld in Rekeningkunde in Ekurhuleni-Suid (D16-distrik): Anne Enslin

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button