Local newsNews
Anzelle gekroon as Miss Million Dollar
Miss Million Dollar 2015 het op 7 en 8 November in die Theatre of Marcellus by Emperors Palace plaasgevind.
Dit is die 18de jaar wat hierdie glinsterende skoonheidskompetisie wat jong dames help om ’n internasionale model loopbaan te volg, gehou word.
Anzelle von Staden is uit die pragtige 120 deelnemers as Miss Million Dollar 2015 gekroon.
Van die beoordeelaars is bekendes soos Jacinda Louw, Nicci Hattingh en Kennedy Tsimba.
Anzelle gaan Suid-Afrika volgende jaar in Italië verteenwoordig en het boonop ’n behendige Honda, geborg deur Imperial Honda East Rand, gewen.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




