NewsSchools

Oosterlig studentejuffrou verwerf Gauteng netbalkleure

Maritza van Niekerk, 'n student onderwyseres verbonde aan die Hoërskool Oosterlig, het op 9 Oktober Gautengkleure vir o-21 en o-23 netbal verwerf.

Tydens die proewe vir die A-span is sy aangewys as Speler van die Wedstryd, asook Speler van die Seisoen.

Hierdie span het ook goud tydens hierdie proefwedstryde verwerf.

Die provinsiale toernooi vind vanaf 15 tot 20 Februarie 2016 in Roodepoort plaas, en die o-23-toernooi vanaf 25 tot 30 April 2016, in Durban-Noord.

Tydens hierdie toernooie sal die SA-proewe plaasvind, met die oog op internasionale deelname.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button