MunicipalNews

Twee lekkasies, geen kontrakteur om watermeters te toets

Vir die afgelope paar maande het die Ekurhuleni Metroraad glo geen kontrakteur om watermeters te toets nie.

Ekurhuleni inwoners moet ook blykbaar R1 500 betaal om hul meters deur ’n ingenieur van die raad te laat toets.

Hierdie inligting het aan die lig gekom toe ’n Boksburg pensioenaris, wat graag anoniem wil bly, navraag gedoen het rondom die buitengewoon hoë waterverbruik syfer wat op sy water en elektrisiteit rekening verskyn.

Slegs die pensionaris en sy vrou, is woonagtig in hul Libradene huis, maar steeds is die waterverbruik onrealisties hoog.

Die pensoenaris het aanvanklik vermoed dat daar moontlik iewers ’n lekkasie op sy perseel is, maar nadat ’n loodgieter ontbied is, is bevestig dat al die pype geseël is.

“Selfs gate is oopgegrou, maar geen lekkasie is gevind nie,” het hy gesê.

Na verdere ondersoek is ontdek dat die oppervlak rondom die watermeter buite die erf nat is.

Hy het aan die Advertiser vertel dat toe hy water in ’n vier liter emmer getap het om die meterlesing te toets, hy ontdek het dat die meter foutief is en nie die regte lesing gee nie, maar inderdaad ’n hoër lesing as die aanvanklike hoeveelheid water wat getap is aandui.

“Die watermeter wys dat ek vyf liter water getap het. Die meter is tog gekalibreer,” het hy gesê.

Die Advertiser het die Ekurhuleni Metroraad gevra of hul bewus is van hierdie lekkasie en wanneer ’n nuwe kontrakteur moontlik aangestel gaan word.

Die vraag is ook gestel waarom inwoners R1 500 moet betaal om hul watermeters deur ’n ingenieur van die raad te laat toets.

* Die Advertiser is ook in kennis gestel van ’n meter lekkasie in Vaalbos Straat, Van Dyk Park.

Dit is glo die tweede keer dat dié meter lek.

Die anonieme inwoner het na bewering die lekkasie vier maande terug gerapporteer en ’n verwysingsnommer ontvang, maar die meter is egter steeds nie herstel nie.

Die Advertiser het die Ekurhuleni Metroraad gevra of hul bewus is van die lekkasie en wanneer hierdie meter herstel sal word.

Teen druktyd is geen terugvoering op beide klagtes ontvang nie. – @IschkeBoksburg

Meters targeted by criminals

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button