Local newsNews

Solidariteit Boksburg verheug vroue-harte

Solidariteit Helpende Hand, Boksburg, het Saterdag, 29 Augustus, ’n bederfdag vir die behoeftige vroue van die gemeenskap te Laerskool Witfield gehou.

 

Hierdie dag is ’n jaarlikse instelling van die Solidariteit Boksburg-tak.

“Augustus is die maand van die vrou en ons (Solidariteit Boksburg) het dit goed gedink om ’n bederfdag vir die behoeftige vroue te stig,” het Solidariteit Boksburg se voorsitter, Alida Reed, gesê.

Vroue is bederf met geskenke, speletjies, heerlike verversings, gassprekers en gaskunstenaars.

Volgens Reed is elke geskenkpak spesifiek vir die vrou opgemaak en sluit dit items in wat hierdie vroue nie self kan bekostig nie.

Elke vrou kry ook ’n geskenkpak om huistoe te neem vir die hele huisgesin.

“Vir ‘n paar uur vergeet die vroue hul sorge en bekommernisse,” het Reed gesê.

Solidariteit Boksburg bedank elkeen wat hierdie dag moontlik gemaak het.

Enigiemand wat ’n bydrae wil lewer of betrokke wil raak by Solidariteit Helpende Hand, Boksburg, kan vir Alida by 082 228 3552 kontak, of Amanda Zeelie by 083 399 1688. – @IschkeBoksburg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button