Wen ’n Ballade vir ’n Enkeling DVD!
Het jy in die tagtigerjare vasgenael voor die kassie gesit met die uitsaai van die gewilde Suid-Afrikaanse TV-reeks Ballade vir ’n Enkeling of het jy die onlangse boekweergawe heeltemal verslind?

Indien wel, dan is hierdie kompetisie net vir jou.
In samewerking met Starburst Promotions, gee die Advertiser aan twee lesers die kans om elk ’n DVD kopie van die Ballade vir ’n Enkeling rolprent te wen.
Ballade vir ’n Enkeling is ’n romantiese speurverhaal met ’n geheimsinnigheid wat ’n nuwe generasie boei en ’n nostalgie vir die tagtigerjare by die ouer garde laat opvlam.
Die storie en die draaiboek is geskryf deur Leon van Nierop, die rolprent is vervaardig deur Danie Bester van The Film Factory, bekroonde kinematograaf Tom Marais is agter die kamera en regisseur Quentin Krog het die leiding geneem vir die rolprent.
Met die hulp van The Film Factory se gesoute filmspan en bekende Suid-Afrikaanse akteurs Donnalee Roberts, Rolanda Marais, Armand Aucamp en Jacques Bessenger asook nuwelinge Christia Visser, Edwin van der Walt, Luan Jacobs, Miles Petzer is ’n nuwe baadjie vir die ikoniese TV-reeks aangetrek.
Die rolprent het op 20 Maart by die grootskerm begin draai en eindelik meer as R8 miljoen by die loket verdien.
* Staan ’n kans om een van twee kopieë los te slaan, deur die woord ‘Ballade’, gevolg deur jou naam, na 35718 te SMS. SMSe kos R1.50 elk.
Die kompetisie sluit op 16 Julie om 12vm.



