Local newsNews

Sarie Klub hou vrolike partytjie vir 44ste bestaansjaar

Die dames van die Sarie Klub het Saterdagoggend, 16 Mei, die klub se 44ste verjaarsdag by Summer Place gevier.

Soirée, ’n twee-stuk musiekgroep bestaande uit Danie van Rensburg en John Rutherford, het die dames vermaak met elegante, eietydse musiek.

Dit was ’n kleurvolle oggend, met goeie vermaak, goeie geselskap en lekker kos. Met die helder pienk en blou dekor en die ontspanne atmosfeer, was vrolikheid beslis in die lug.

Hoewel die Sarie Klub slegs bedoel is vir vroue, kon mans ook die geleentheid bywoon.

Die vroue van die klub vergader maandeliks om gesellig te kuier. – @IschkeBoksburg

Kyk hier na die fotogallery:

Sarie’s vier 44ste verjaarsdag! (1)

Sarie’ vier 44ste verjaarsdag! (2)

Ander relevante artikels:

Sarie klub vier 43ste verjaarsdag

Sarie klub: Liefde, ten spyte van persoonlikheidsverskille

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button