Ontdek God weer in stilte
Ons leef almal in 'n tyd van jaag en geraas. Van môre tot aand is dit 'n malle gewoel en geswoeg, so partykeer is dit maklik om langs die pad die intieme verhouding met God te verloor.

Boek: Woestynwysheid
Outeur: Ronel Bezuidenhout
Uitgewer: Lux Verbi
Resesent: Riaan Engelbrecht
Predikant en berader Bezuidenhout besef daar is weer ‘n hunkering na stilte, eenvoud en afsondering. Dus ‘n diep behoefte om God weer beter en dieper te leer ken.
Met Woestynwysheid spreek sy die hernude belangstelling aan vir die ou geloofstradisies en ’n soeke na innerlike verdieping en heelheid.
Die unieke boek gee ook praktiese raad vir besige mense in vandag se wêreld.
Vir dié wat soek na innerlike vrede en ’n lewe gevul met vreugde in die midde van ‘n wêreld wat vasgevang is die alledaagse materie, is dit tyd om so ‘n bietjie stil te staan in die woestyn van stilte.
Die book stel jou voor aan mense van die vroegste eeue wat dieselfde behoeftes gehad het – en verduidelik hoe hul insigte op vandag se lewe van toespassing gemaak kan word.
Let wel, Bezeuindehout het Woestynwysheid juis geskryf met die post-kerklike Christen in gedagte – dus die wat vir meer op soek is as die gewone Godsdiens.



