CrimeNews

Drie honde dood aan gif, familie treur

Drie honde, twee Golden Cocker Spaniels (Rusty en Jessica) en een Yorkshire Terrier (Benjamin). is dood nadat hulle deur die nag van 17 Maart in Vyfde Straat (Boksburg Noord) vergiftig is.

’n Ander Yorkshire Terrier (Basjan) is tans by die veearts onder bewaking, terwyl ’n Dalmation (Patches) by die huis versorg word.

Die twee Spaniels en die Dalmation behoort aan JJ Diamond, terwyl die twee Yorkshire Terriers aan sy skoonpa – Sakkie Kelder – behoort.

Kelder het ongeveer 4vm vanoggend (Maart 17) reeds opgemerk dat Basjan nie homself is nie.

“Ná hulle ondersoek ingestel het, het my skoonpa op Benjamin gekom,” het Diamond gesê.

“Ons het geen onraad deur die nag vermoed nie, behalwe vir ons bure wat ongeveer 2vm ons honde verskriklik hoor blaf het.”

Daar is nie ander honde in die straat vergiftig nie.

“Ek het nog nooit ’n volwasse man só sien huil oor ’n hond soos my skoonpa nie; hul honde is vir hulle soos maatjies.”

Diamond en sy familie glo vas dat Basjan gaan deurdruk.

Geen items is vanaf die eiendom gesteel nie.

Volgens die Boksburg Noord SAPD kommunikasiebeampte, Luit Juanita Coetzer, word ’n saak van diere mishandeling ondersoek. – @IschkeBoksburg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button