EG Jansen se rugbymanne oortuig teen Centurion
Die Tuks Skole-reeks het die afgelope naweek (7 Maart) afgeskop, met Hoërskool Dr EG Jansen wat teen Hoërskool Centurion, op Centurion se velde, krag gemeet het.

EG Jansen se rugbyspelers het ’n uitsonderlike dag beleef, met al die spanne wat as oorwinnaars van die veld afgestap het.
Die volledige uitslae is as volg (EG Jansen resultate eerste, gevolg deur Centurion):
Rugby
* Eerstespan 65 – 3, tweedespan 67-0, derdespan 40-3, vierdespan 24-3, o-16A 46-0, o-16B 40-0, o-15A 22-3, o-15B 41-13, o-14A 44-6, en o-14B 48-18.
Netbal
* Eerstespan 15-27, tweedespan 23-10, o-17A 11-17, o-16A 7- 5, o-16B 12-13, o-15A 16-11, o-15B 16-4, o-14A 9-14, en o-14B 15-6.
Meisieshokkie
* Eestespan 3-0, tweedespan 2-0, o-16A 0-2, o-16B 4-1, o-15A 4-0, o-15B 0-3, o-14A 11- 0, o-14B 0-0,
Seunshokkie
* Eerstespan 2-4, en o-14A 1-1.



