CrimeNews

Skoolseuns gevang met R2 500 se steroïede

Twee Hoërskool Dr EG Jansen skoolseuns is op Donderdag, 29 Januarie, deur die Boksburg-Noord SAPD gearresteer, vir die besit van steroïede ter waarde van R2 500.

Die seuns is onderskeidelik 16 en 17 jaar oud.

Volgens die Boksburg-Noord SAPD se kommunikasiebeampte, Juanita Coetzer, het die skool die SAPD gekontak om een van sy leerders vir die moontlike besit van steroïde te ondersoek.

“Die leerder is glo in skooltyd gesien toe hy steroïede by ‘n winkel koop,” het sy vertel.

”Twee polisiemanne het die leerder op die skool se perseel deursoek en steroïede in sy besit gekry.”

Nog ’n leerder is na bewering uitgewys en steroïede is ook in sy besit gevind.

Hierdie steroïede is in die 16-jarige se besit gevind.
Hierdie steroïede is in die 16-jarige se besit gevind.

’n Dossier vir die besit van verbode middels is oopgemaak en word ondersoek.

Dié seuns is in die toesig van hul ouers vrygelaat.

“Die Hoërskool Dr EG Jansen is absoluut gekant teen die misbruik van enige verbode middel en sal korrek optree om dit by die skool uit te roei,” het die skoolhoof, Leon de Beer, gesê. – @IschkeBoksburg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button