MunicipalNews

Gebarste pyp lei tot grootskaalse waterverlies

’n Ondergrondse waterpyp, tussen huise 48 en 50 Calla Laan, Witfield, het gelei tot grootskaalse waterverlies nadat die pyp eers ’n week later, op Donderdag, 15 Januarie, herstel is.

Die pyp het na bewering op Donderdag, 8 Januarie, gebars.

Volgens inwoner Sheryl Hibbert, was die pyp aanvanklik ingesit om water van die bure, wie se huis op ’n hoër oppervlak as haar huis lê, te dreineer, sowel as om die reënwater van die bure se huis weg te lei.

“Die sypaadjie, waar 48 en 50 Callalaan onderskeidelik grens, is ’n moeras as jy daar trap – so nat is dit.”

Hibbert het bevestig dat die Ekurhuleni Metro se kontrakteurs die pyp ’n week later herstel het, maar die perseel egter in ’n groot gemors gelaat het.

Die Advertiser wag nog vir kommentaar van die metro. – @IschkeBoksburg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button