NewsSchool sportSchoolsSport

Drie EG Jansen-krieketspanne gekroon

Dr EG Jansen het vanjaar geskiedenis gemaak in die Easterns liga.

Ses van Jansen se se sewe krieketspanne het deurgedring na die Easterns finaal waarvan drie spanne as Easterns wenners gekroon is.

Die week se uitslae is as volg:

* Tweede span teen Kempton Park (Easterns finaal): EG Jansen kolf eerste en teken 208 almal uit aan met Jason Stanton (57) wat uitgeblink het met die kolf. Kempton Park teken 188/9 aan met Luan Araujo (5/43) wat uitstekend geboul het. EG Jansen wen met 20 lopies.

* o/15B-span teen Jeugland (Easterns finaal): EG Jansen kolf eerste en teken 188/5 aan met Michael Greyling (74) wat uitgeblink het met die kolf. Jeugland teken 125/8 aan met Tyron McGuiness (3/12) wat uitstekend geboul het. EG Jansen wen met 63 lopies.

* o/14A-span teen Kempton Park (Easterns finaal): EG Jansen kolf eerste en teken 183/2 aan met WP Myburgh (53 nie uit nie) wat uitgeblink het met die kolf. Kempton Park teken 61 almal aan met Caleb Beukes (3/10) wat uitstekend geboul het. EG Jansen wen met 122 lopies.

* Eertse span teen Brandwag (Nasionale Coke T20-reeks): EG Jansen kolf eerste en teken 211/3 aan met Gerhard Pretorius (100 nie uit nie) wat uitgeblink het met die kolf. Brandwag teken 50 almal uit aan met Jaco Labuschagne en Kyle Scheepers (albei 2/00) wat uitstekend geboul het. EG Jansen wen met 161 lopies.

* Eerste span teen Liverpool (Nasionale Coke T20-reeks): EG Jansen kolf eerste en teken 289/2 aan met Kyle Scheepers (164 nie uit nie) wat uitgeblink het met die kolf. Liverpool teken 62/8 aan met Dristan Eloff (4/3) wat uitstekend geboul het. EG Jansen wen met 227 lopies.

* Tweede span teen St Dunstans eertsee span (Nasionale Coke T20-reeks): EG Jansen kolf eerste en teken 140/1 aan met David Mostert (63 nie uit nie) wat uitgebklink het met die kolf. St Dunstans teken 21/1 aan met Hansie van Loggerenberg (1/8) wat uitstekend geboul het. EG Jansen wen met 16 lopies volgends die Duckworth-Lewis metode.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button