Local newsNewsSchools

Loer hier na die Skole vir Jesus-projek bewusmakingsvideo

Na aanleiding van onlangse nuusberigte rakende die Organisasie vir Godsdienste-Onderrig en Demokrasie (Ogod) wat Christenskap uit skole wil verwyder, het Rudi Muller die Skole Vir Jesus-projek van stapel gestuur.

Hy tree vir ongeveer ’n half-uur gratis op by skole in die Oos-Rand en bied sodoende ondersteuning vir die skole wat godsdiens wil beoefen.

Die bediening bestaan uit ongeveer drie liedjies, skriflesing, getuienis en gebed.

Na afloop van die bediening is die leerlinge ook welkom om met Muller te gesels oor enige behoeftes en saam te bid daaroor.

Sy nuutste musiekvideo, Vlambaar, is die amptelike bewusmakingsvideo vir die Skole vir Jesus-projek.

Loer gerus hier na die video: http://bit.ly/1oGOYK7. – @IschkeBoksburg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button