Local newsNews

Familiekerk herdenk 40 jaar van genade

Enon Familie Kerk Van Dyk Park vier 40 genade jare!

Kom beleef saam met die gemeente ’n vreugdevolle tyd op 26 Oktober, om 9vm.

Volgens die presiderende pastoor, dr Sam de Lange, is die doel van hierdie diens om die gemeente se 40 jaar geskiedkundige herdenking te vier en om God te eer vir sy jare van genade.

Enon Familie Kerk is die eertse kerk wat in die Van Dyk Park en Sunward Park area gestig is in 1974. Pastoor Connie Kotze was die gemeente se eerste pastoor.

In die afgelope 40 jaar was daar agt pastore wat die gemeente bedien het.

Dr De Lange, wat al ses jaar aan diens is by Enon Familiekerk PPk, vertel dat hy met dankbaarheid kan sê dat die gemeente skuld-vry is.

Na wat verneem word, het die kerk aansienlik gegroei sedert sy eerste bestaansjaar.

Alle lidmate en oud-lidmate word versoek om die kerkkantoor te skakel by 011 915 8238, en voor 15 Oktober te bevestig of hulle die verrigtinge sal bywoon op 26 Oktober. Na afloop van die diens sal verversings bedien word.

Die kerk is gelee op die hoek van Milkwood en Mimosastrate, Van Dyk Park. – @IschkeBoksburg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button