NewsSchool sportSchoolsSport

EG Jansen blink uit op die sportveld

Hoërskool Dr EG Jansen het Saterdag tydens die Beeldtrofeë half-finaal geskiedenis gemaak.

Die o/15A en o/16A-spanne het deurgedring na die Beeldtrofeë-finaal eerskomende Saterdag, 23 Augustus.

Dit is die eerste keer in die skool se geskiedenis dat Jansen twee spanne in die Beeldtrofeë finaal het.

Dit kon maklik drie spanne gewees het, maar ’n omstrede strafskop in die laaste minuut, het die skaal in die guns van Garsfontein geswaai tydens die eerste span wedstryd.

Indien EG Jansen se eertste span gewen het, sou Jansies die tweede jaar in ’n ry die voorreg gehad het om die Beeldtrofeë finaal aan te bied.

Die tellings is as volg:

* Eerstes: EG Jansen verloor 32-29 teen Garsfontein

* o/16A: EG Jansen wen 14-7 teen Menlopark

* o/15A: EG Jansen wen 19-12 teen Menlopark

Krieket

Met die rugby wat einde se kant toe staan is die krieket weer volstoom aan die gang.

Uitslae is as volg:

* o/15A-span teen Linden (Evergreen T20-reeks): EG Jansen kolf eerste en teken 154 aan met Wayne Dalziel (47) wat uitblink met die kolf. Linden teken 109 almal uit aan met Jason Deysel (3/18) wat uitstekend geboul het. EG Jansen wen met 45 lopies.

* Eerste span teen Easterns XI: EG Jansen wen die loot en kolf eerste. Jansies teken 485/5 aan, met Michael Enslin (145) en Michael Weldon (143) wat uitblink met die kolf. Easterns XI teken 162 almal uit aan, met Jacques Nel (3/16) en Hansie Van Loggerenberg (3/22) wat albei uitstekend geboul het. EG Jansen wen met 323 lopies.

* o/15A-span teen Easterns XI: EG Jansen wen die loot en kolf eerste. Jansies teken 386/5 aan met Dylan Meyer (91) en Dehan Loots (85) wat uitblink met die kolf. Easterns XI teken 64 almal uit aan, met Dehan Loots (8/16) wat uitstekend geboul het. EG Jansen wen met 322 lopies.

* Eerste span teen Florida (T20 Vriendskaplik): EG Jansen kolf eerste en teken 206/5 aan met CJ van der Walt (57) wat uitblink met die kolf. Florida teken 93/8 aan met Dristan Eloff (3/4) wat uitstekend geboul het. EG Jansen wen met 113 lopies.

* o/14A-span teen Elspark (Evergreen T20-reeks): EG Jansen kolf eerste en teken 207/2 aan met Arni Enslin (128 nie uit nie) wat uitblink met die kolf. Elspark teken 70 almal uit aan met Juandrè Barnard (2/3) wat uitstekend geboul het. EG Jansen wen met 137 lopies.

* Eerste span teen Dr Malan (Evergreen T20-reeks): EG Jansen kolf eerste en teken 137 almal uit aan, met Michael Weldon (29) wat uitblink met die kolf. Dr Malan teken 128 almal uit aan met Laun Araujo (3/21) wat uitstekend geboul het. EG Jansen wen met nege lopies.

* Tweedes span teen Alberton eerste span (Evergreen T20-reeks): EG Jansen kolf eerste en teken 155/3 aan met Jacques Slabbert (63) wat uitblink met die kolf. Alberton teken 133/3 aan, met Ruan Willemse (1/10) wat uitstekend geboul het. EG Jansen wen met 22 lopies.

* Eerste span teen Die Anker: Die Anker kolf eerste en teken 152 almal uit aan, met CJ Van Der Walt (3/22) wat uitgeblink het met die bal. EG Jansen teken 153/3 aan met Altus Pretorius (47) wat uitstekend gekolf het. EG Jansen wen met sewe paaltjies.

Gholf

Tydens die Gholf-liga het Dr EG Jansen hul goed van hul taak gekwyt deur goeie uitslae in die A, B en C-liga’s te behaal.

Na afloop van die Easterns A-liga is vier van die Jansies, naamlik Luan Araujo, Craig Brown, Michael Enslin en AJ Marques na die provinsiale proewe genooi.

Hokkie

Na afloop van die Buitemuurse hokkie-seisoen het die Binnehuise hokkie-seisoen ook weer begin met EG Jansen se spanne wat uitstekende uitslae behaal het.

Die tellings is as volg:

* o/18: EG Jansen wen 10-3 teen Benoni High

* o/18: EG Jansen wen 6-2 teen Heidelberg Volkskool

* o/16: EG Jansen speel 3-3 gelykop teen Hugenote

* o/16: EG Jansen speel 3-3 gelykop teen Oosterlig

* o/15: EG Jansen wen 7-1 teen Benoni High

* o/14: EG Jansen wen 8-0 teen Benoni High

Jukskei

Jansies se seuns jukskei-span het beide hul liga-wedstryde teen Oosterlig en Olimpaipark onderskeidelik gewen.

Atletiek

Die atlete van EG Jansen het die afgelope landloopseisoen stof in die ander atlete se oë gehardloop. Daar het vier liga byeenkomste plaasgevind, waar hulle teen die langasems van Boksburg High, Oosterlig en Voortrekker deelgeneem het.

Die Jansies spog met 20 eerste-plekke, 21 tweede-plekke en ses derde-plekke.

Vyftien atlete is gekies om die Groter Boksburg-streek by die D6 Kampioenskappe wat op 29 Augustus plaasvind, te verteenwoordig.

Die atlete is Bernice Viljoen; Sonja Schutte; Rachelle Dietrechsen; Lindi Jacobs; Kara Momberg; Clarise Smit; Abby Jansen Van Vuuren; Angelique Kruger; Adele Hechter; Danelle Janse Van Vuuren; Caleb Beukes; Ruan Swart; Michael Kasselman; Marnus Robberts en Michael Enslin.

Skaak

Charl Ehlers is opgeneem in die O/16A-Ekurhuleni skaakspan wat aan die Nasionale kampioenskappe gaan deelneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button