
“Dit is onaanvaarbaar, want die gebou word nie meer gebruik nie,” meen Rademeyer.
Volgens Rademeyer het hy dit al met die metro opgeneem, maar sy klagte het op dooie ore geval.
Rademeyer sê dat dit ook voorkom asof boemelaars in die gebou slaap, aangesien die hek permanent oop is.
Waarnemende metro woorvoerder, Themba Gadebe, sê die gebou behoort aan die Raad.
“Die ligte is nou wel afgeskakel, maar ’n oog sal gehou word of die ligte af bly.”
Volgens Gadebe gebruik die verkeersdepartement die agterkant van die gebou en mag moontlik die ligte aangeskakel het.
“Ons sal egter seker maak dat alle ligte af is,” sê Gadebe.



