Local newsNews

Soektog na bobaas boerewors skop af

Die soektog na Suid-Afrika se nommer een boerewors resep het begin.

As jy dink jou resep het wat nodig is om sy regmatige plek as die volgende Championship Boerewors op Shoprite en Checkers se vleismark-rakke in te neem, is dit nou die tyd om in te skryf vir die 2014 Shoprite Checkers Championship Boereworskompetisie.

Nege van Suid-Afrika se nommer een gemeenskapspersoonlikhede is vanjaar ook opgewonde oor die kompetisie, en kan nie wag om hierdie jaar se wenresep te proe nie.

Hulle moedig almal aan om hul heel beste resepte in te stuur, om Suid-Afrika se nommer een boerewors te lewer.

Alle aspirant-kampioene word uitgedaag om te wys waartoe hul in staat is.

‘n Splinternuwe Toyota Hilux 2.7 Dubbelkajuit Raised Body Raider is op die spel en slegs die smaaklikste, beste gehalte, tradisionele boerewors sal die paal haal.

Om ‘n kans te staan om met die ongelooflike eerste prys en die gesogte titel as Boereworskampioen weg te stap, moet belangstellendes hul resepte voor die sluitingsdatum, op Vrydag, 13 Junie, inskryf.

Inskryfvorms is beskikbaar by vleismark-afdelings binne Checkers, Checkers Hyper en Shoprite-winkels, of aanlyn by www.championshipboerewors.co.za of cbw.mobi.

Enigiemand met ‘n unieke, tradisionele boerewors-resep, en die vaardigheid om self hul eie boerewors te maak, kan inskryf. Maak egter seker dat jou resep nie net enige beeswors is nie – dit moet ‘n tradisionele boerewors wees.

Die Suid-Afrikaanse Sjefsvereniging (SACA), ‘n organisasie vir professionele sjefs in Suid-Afrika, behartig die beoordelingsprosesse tydens die kompetisie, en hulle sal seker maak dat alle inskrywings voldoen aan die streng riglyne vir die maak van tradisionele boerewors.

Net die 10 top boereworsmakers, wat as provinsiale wenners bly staan, sal mekaar die groot stryd aansê vir die 2014 Championship Boerewors titel, by die finale, in Sun City, op 4 Oktober.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button