Elections 2014News

Verkiesingsbedrog is ’n misdaad

Verkiesingsbedrog is ’n misdaad en die volgende mag nie gedoen word nie.:

• Moet nie iemand sover kry om vals inligting te verskaf wanneer hulle registreer om te stem nie.

• Moet nie vals inligting verskaf wanneer jy as kieser registreer nie.

• Moet nie as kieser registreer of stem deur van ’n ander persoon (lewend of dood) se naam gebruik te maak nie.

• Moet nie registreer om te stem in ’n stemdistrik waarin jy nie woon nie.

• Moet nie in ’n verkiesing of stemlokaal stem indien jy nie toegelaat is om te stem nie.

• Moet nie meer as een keer in ’n verkiesing stem nie.

• Moet jou nie as een van die volgende voordoen nie:

– ’n beampte van die Verkiesingskommissie

– ’n verteenwoordiger van ’n geregistreerde politieke party

– ’n kandidaat in ’n verkiesing

– ’n geakkrediteerde waarnemer

– ’n geakkrediteerde kiesersopleidingsbeampte

(Inligting verkry van die OVK se webtuise)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button