Volgens ’n werker by hierdie maatskappy, Willie Bekker, is daar sedertien maandeliks ’n duidelike styging in hul waterrekening weens die waterlek.
Bekker het die Ekurhuleni-metroraad reeds in 2013 hieroor gekontak, maar geen hulp is ontvang.
Volgens die metro se waarnemende woordvoerder, Themba Gadebe, is die deksel van die ou meter beskadig en ’n opdrag is uitgereik om dit te vervang.
Die meter is ook vervang.
“Tydens die vervanging van die meter, is daar geen lekkasie op die meter gevind nie,” sê Gadebe.
Volgens Bekker is daar egter geen aanduiding dat die metro die meter vervang het nie.
“Dus ontstaan die vrae of die metro werklik op die perseel was en indien wel, of hulle dan op die regte perseel ondersoek ingestel het,” meen Bekker.




