MunicipalNewsUpdate

Voldoende bewyse nie gelewer – metro

Die metro evalueer versekeraars se eise op bewyse wat aan hulle deur die eiser verskaf is.

Dit is volgens die metro se waarnemende woordvoerder, Themba Gadebe, in reaksie tot die onlangse klagte van Daisy van der Merwe, rakende skade wat haar man, Hannes se voertuig opgedoen het toe hy deur ‘n slaggat in Windmillpark gery het.

Volgens Daisy het hulle tergeefs probeer om ‘n eis in te stel maar het net teenkanting van die metro gekry.

“Die eiser se weergawe is dat sy die slaggat voor die insident, waartydens die voertuig se twee splinternuwe bande beskadig is, aangemeld het, maar die departement betrokke in die saak het dit ontken.

“Dit het aanleiding gegee tot ’n situasie van een individu se woord teenoor ’n ander se woord. Dit is waarom die eis verwerp is,” sê Gadebe.

“In hierdie geval, ’n verwysingsnommer by die klagtesentrum of by die betrokke departement sou voldoende bewys gewees het om die eis te bewerk.

“Die metro sal ook bewys aanvaar dat die betrokke departement wel in kennis gestel is rakende die probleem maar dalk nie voldoende hulpbronne of tyd op hande gehad het om die klagte dadelik te hanteer nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button