Een van die wagte wat op die perseel werk, is deur ’n sindikaat kriminele genader wat die staal benodig om dit te verkoop.
Die wag het Trinity se bestuur in kennis gestel van die versoek wat hy ontvang het.
Vier personeellede van Trinity het daardie aand in die lang gras op die perseel gaan skuil en drie ure gewag vir die rowers om los te slaan.
Volgens Johan Venter van Trinity, het die rowers ongeveer 9.40nm in twee voertuie verby die staalfabriek gepatroleer om op die perseel te spioeneer.
“Net na middernag het ’n groot trok met ’n huiskraan op ingery tot agter op die perseel en begin staal laai,” sê Venter.
Die Trinity-personeellede het nader aan die rowers gekruip en uiteindelik op hulle toegesak.
Lede van die Tsakane-polisiestasie het daarna by die perseel opgedaag en die lede van die sindikaat gearresteer.
Volgens die ondersoekbeampte, Konst Joshua Moshikaro, is die verdagtes uit op waarskuwing en verskyn 29 April in die hof.
Die ondersoek duur voort.




