Local newsNews

Solidariteit Boksburg maak harte bly tydens Paasfees

Die Golden East Round Table het hand bygesit deur paaseiers in te samel vir Solidariteit, Helpende Hand, Boksburg, se jaarlikse Paasfeesprojek.

’n Enorme hoeveelheid paaseiers, sjokolade paashasies en teddiebere is ingesamel om glimlagte op kinders se gesigte te sit.

Met die donasies ingesamel, maak Solidariteit geskenkpakkies gevul met ’n klein Bybel, paaseiers, skyfies, lekkers, koekies, koeldrank en ’n teddiebeer.

Die geskenkpakkies word vir laerskoollede by hul onderskeie skole uitgedeel en die boodskap waaroor Paastyd gaan, word by die kinders tuisgebring.

“Die doel van hierdie projek is om minderbevoorregte kinders deel te maak van die Paasseisoen,” sê Amanda Zeelie van die Solidariteit Boksburg-tak.

Volgens Alida Reede van die Solidariteit Boksburg-tak, gaan hulle begin om die geskenkpakkies by Boksburg skole te versprei, maar hoe meer geskenkpakkies hulle kan opmaak, hoe meer skole kan hulle bereik.

As enige iemand ’n bydrae in die gemeenskap wil lewer deur deel te wees van die Golden East Round Table, kan hulle Robbin Clarke-Talbot op 082 445 3621 skakel.

Persone kan ook betrokke raak by die plaaslike tak deur vir Alida Reede op 082 228 3552 of 011 826 1112 te kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button