EntertainmentLifestyle
Pop, ballades en country op een album
Urnus is ’n veelsydige Afrikaans pop, ballade en country sanger.

Met sy vierdie album, Daar Waar Jy Is, probeer Urnus ’n groter gehoor bereik met 13 Afrikaanse en Engelse liedjies.
Die titelsnit is self deur Urnus geskryf.
Ander snitte op die album is onder andere deur Fredi Nest, Louw Wessels en Johnny Jay geskryf.
Luisteraars kan verwag om musiek vanuit verskillende genres te hoor.
Hierdie album is deur Vonk Musiek vrygestel.



