Local newsNews

Kerk vier fees saam bekendes

NG Kerk Boksburg Wes, nooi die gemeenskap na hul jaarlikse familiefees wat die naweek van 7 en 8 Maart te Laerskool Concordia plaasvind.

Daar sal verskeie vermaak vir jonk en oud wees, onder andere ’n vlooimark, ’n talentkompetisie aangebied deur sanger en TV persoonlikheid Pieter Koen, boeresport, ’n dogtertjie tee en vele meer.

Die bekende Campbells sanggroep sal ook Saterdagaand om 8nm optree.

Die fees sal op Vrydag tussen 3nm tot 9nm en op Saterdag tussen 8vm tot 10nm plaasvind.

Vir enige navrae, kontak Teresa van der Colf by 082 778 8810.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button