Local newsNews

McBride aanstelling ‘n klap in publiek se gesig

Die aanvaarding van voormalige Ekurhuleni metropool polisie hoof, Robert McBride, se aanstelling as uitvoerende direkteur van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (OPOD) is ’n klap in die gesig van die publiek.

Dit is volgens VF Plus se hoofwoordvoerder vir polisie, Dr Pieter Groenewald.

“Die OPOD is die waghond van die publiek oor die polisie en ondersoek klagtes teen die polisie deur die publiek, dus moet die publiek moet vertroue hê in die hoof van OPOD.

“McBride is uiters kontroversieël weens sy betrokkenheid by aanklagtes van misdaad soos wapensmokkelary en aanranding, wat nooit deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) vervolg is nie.”

“McBride is ’n kontroversiële persoon en daar kan nie van die publiek verwag word om hom te vertrou nie.

“Die minister van Polisie, Nathi Mthethwa, en die ANC stel die belange van die publiek dus ondergeskik aan die ANC se belange.

“Dit was duidelik dat die komitee die rubberstempel was van die minister,” het Groenewald gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button