Local newsNews

Onprakties glo om elke oop spasie te sny

Kriminele- en onaanvaarbare gedrag is na bewering skaamteloos besig om geleidelik toe te neem in Akker Straat, Van Dyk Park.

Die oorgroeide veld in hierdie straat blyk die grootste probleem te wees.

Sedert die somer aangebreek het, is die gras blykbaar nog nie gesny nie.

Die veld is al vantevore deur kriminele as ’n skuilplek gebruik en ten spyte van die “No Dumping” teken, word dit nogsteeds as ’n stortingsterrein gebruik.

Die Ekhurhuleni metro woordvoerder, Themba Gadebe, sê: “In oorstemming met beleid en begrotingshulpbronne, word ’n strook op ’n geskeduleerde, gereelde basis om die kante van die oop spasie in Akker Straat gesny.

“Dit is onprakties en onuitvoerbaar vir Ekhurhuleni Metropool Munisipaliteit om elke oop spasie rondom die stad in sy geheel te sny, vandaar die beleid wat voorsiening maak vir slegs spesifieke aksie.”

“Aangaande die rommelstorting, sal hierdie saak dienooreenkomstig aandag aan geskenk word.”

“Ons wil ook graag beklemtoon dat rommelstorting slegs beheer kan word wanneer inwoners in ’n gemeenskap voorvalle aktief rapporteer soos dit gebeur, want dit is moontlik dat die oortreder(s) in die area woon en selfs bekend kan wees aan die omliggende inwoners.”

Volgens ’n inwoner help dit nie om slegs ’n strook aan die kante van die veld te sny nie, want dit verhoed nie onaanvaarbare optredes om binne die veld plaas te vind nie.

Mediaskakelbeampte van die gemeenskap patrollering inisiatief, Sherese Brink, sê dat die raad dikwels die bome in Van Dyk Park sny en aandag skenk aan prioriteite soos die netheid van gras, slaggate, elektrisiteit, en dies meer.

“Hierdie word deur inwoners aangemeld aan die Wyk 31, oftewel Tak 31, DA-voorsitter, Johan Erasmus, of aan my, en word dan vir insae deur die raad aan die DA-raadslid, Shaunè le Roux, oorhandig,” sê Brink.

Brink beklemtoon ook die feit dat Van Dyk Park nie so gevaarlik is soos die inwoner dit beskryf nie.

“Ons doen ons bes om Van Dyk Park ’n positiewe beeld te gee. Die raad moedig Van Dyk Park inwoners aan om hulle sonder enige huiwering te kontak sodra daar enige probleme opduik.”

Enige inwoners van Van Dyk Park wat klagtes het, mag Brink kontak by 082 048 9321.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button