Local newsNews

Dreigemente teen Sanral dui op weerstand teen E-tol

’n Bomdreigement het veroorsaak dat die hoofkantoor van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) in Midrand, vir ’n derde keer onlangs ontruim is.

Die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor vervoer, Adv Anton Alberts, sê die dreigemente is ernstig en dit is jammer dat die weerstand teen die stelsel hierdie ontstellende vlak moes bereik.

“Dit is duidelik dat die publiek moedeloos en vuisvoos is teen wat hulle beskou as onbillike optrede van die Staat.”

Om hierdie rede het die VF Plus ’n kanaal in die vorm van ’n landwye petisie geskep waar diegene wat teen die stelsel is, op ’n wettige wyse hul ontevredenheid kan deel, raad kan kry en terselfdertyd teen die stelsel kan veg.

Die Afrikaanse webwerf is www.tolhekpetisie.org.za en die Engelse weergawe is www.tollgatepetition.org.za.

Die probleme wat mense ervaar is veelsoortig.

Daar is motoriste wat nooit eens op E-tolpaaie gery het nie, wat probleme ervaar.

Die VF Plus is bereid om mense te help om hul probleme by die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) aan te meld.

“Die NVK het wye magte en kan toesien dat Sanral voldoen aan die Wet op Verbruikersbeskerming aangesien talle van die probleme wat tans ervaar word, ’n blatante verbreking van hierdie wet is, asook van die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies en die Wet op Belasting op Toegevoegde Waarde.”

Die VF Plus nooi die publiek om hierdie wettige kanaal te volg om hul opstand teen E-tol te wys.

Die NVK is by magte om toe te sien dat al die probleme reggestel word.

Terwyl ’n klag by die NVK hangende is, mag Sanral geen regstappe of enige ander stappe teen ’n persoon neem nie.

Sanral hoef dus nie betaal te word terwyl ’n saak hangende is nie.

“Hierbenewens gaan die VF Plus steeds voort met sy hofsaak teen die regering oor die grondwetlikheid van die E-Tolwet ten einde dit ongrondwetlik verklaar te kry. Indien die VF Plus die saak wen, sal alle reeds betaalde gelde terugbetaalbaar wees,” sê Alberts.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button