EntertainmentLifestyle

Grootste Engelse treffers in jou taal

Al ooit gewonder hoe Justin Bieber, Pink, Selena Gomez, Phillip Phillips, Fun en selfs Lady Antebellum in die mooiste Afrikaans sou klink?

Met die versamelalbum Alles Afrikaans: Die wêreld se grootste treffers in jou taal, kan ’n mens nou die beste Engelse radio-treffers in Afrikaans hoor.

Liedjies soos Lady Antebellum se Need You Now, Justin Bieber se As Long As You Love Me en selfs Avicci se huidige super-treffer Wake Me Up is in suiwer Afrikaans opgetower en deur kunstenaars soos Christiaan Kritzinger en Vèronique opgeneem.

“’n Paar van die slimkoppe by Electromode Music het bietjie rondgespeel met vertalings. En nadat hulle ’n lied of twee opgeneem het, het hulle agtergekom dat dit regtig goed werk. Hulle het navorsing gedoen en uitgevind dat die vertalings wel in Suid-Afrika gedoen mag word.

“En dis waar hulle my ingeroep het om seker te maak die konsep word mooi benader en goed afgerond,” vertel Kritzinger.

’n Hele paar nuwe en opkomende kunstenaars was deel van hierdie projek.

Sangers soos Zahn, Rian Swanepoel, Thiart Li, Chrisna de Bruin, Mariechan en Johan Fourie kan op die album gehoor word.

Kritzinger sê hy wou graag ’n nuwe geslag sangers aan die publiek bekendstel en ’n “vars klank in almal se ore sit”.

Luisteraars kan ’n lekker verskeidenheid musiek op hierdie album verwag.

Alles Afrikaans is gepas vir enige geleentheid waar Afrikaners hul ore wil bederf met hul eie moedertaal musiek.

Daar is musiek vir die langpad, dansmusiek, en ook iets vir daardie tye wanneer ’n mens lekker stil en rustig wil wees.

Hierdie album gee vars bloed die geleentheid om hulself bekend te stel in die musiekbedryf en luisteraars is belowe om nie teleurgesteld te word nie.

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button