NewsSchools

EG Jansen se krieketspan vaar goed

Dr EG Jansen Hoërskool se eerste krieketspan het vanjaar beide die Valke asook Oos Rand streekliga gewen.

Hulle speel nou in die Noordvaal-toernooi.

EG het teen Benoni High in die eindstryd gespeel.

Benoni kolf eerste en teken 204/7 in hul 50 beurte aan.

EG se openings kolwers – die tweeling Stiaan en Stefan Jordaan – sorg vir n vennootskap van oor die 100 lopies.

Die Jansies steek Benoni High se totaal verby met net een paaltjie plat in die 31e beurt (205/1 in 30.1 beurte).

Dit is die tweede jaar, onder die afrigting van Jannie Groenewaldt, dat hulle die liga wen.

.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button