
Weitsz het Sentraal-Gauteng in die dogters o-15 wedloop oor 4km verteenwoordig.
Alhoewel sy nog net o-14 is, het sy stof in almal se oë geskop deur die wedloop 12 sekondes voor die tweede atleet te voltooi.
Weitsz se wentyd oor 4km was 14min, 34 sekondes.
Dit is ook reeds die vierde keer wat sy haar titel suksesvol verdedig tyden ASA landloopkampioenskappe.
Wat haar prestasie nog meer merkwaardig maak is die feit dat haar tyd van 14min, 34 sekondes, beteken dat sy vinniger as die o-16 en 17 meisies gehardloop het.
Die o-16 titel is deur Carina Viljoen in 14min, 44 sekondes gewen.
Carina het vroeër dié jaar Suid-Afrika in Donetski by die Wereld Jeugkampioenskappe verteenwoordig.
Die o-17 titel is deur Lizerie Ferreira in 15min, 06 sekondes gewen.
Ferreira het ook Suid-Afrika vroër vanjaar in Donetski verteenwoordig.
Weitsz sou ook volgens haar tyd `n tweede plek in die senior dames 4km behaal het.
Gedurende Maart die jaar, het nog twee leerders van die skool, Tiaan Steenkamp (o-17) en Laurandt Pepler (o-15) goue medaljes tydens die Suid-Afrikaanse atletiekkampioenskappe gewen.



