
Ons het so pas weer deurgeloop onder ‘n inbraak, die 10de sedert 2 Januarie.
Ek weet ons is nie die enigste nie, aangesien ek bewus is van inwoners wat al getrek het as gevolg van veelvuldige inbrake.
Die beste is, hulle het blykbaar lesse by Houdini gekry, want die klein plekkies waar hulle deurkom is ongelooflik klein.
Hoeveel moet ons nog spandeer aan veiligheid?
Die polisie moet meer dikwels patrollie doen (en regtig kyk en nie net ry nie).
Ek vra, “wat nou?”



